Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 26:26 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 26:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die koning weet van hierdie dinge, en daarom praat ek openhartig met hom. Ek is seker dat dit nie sy aandag ontgaan het nie, want dit het nie êrens in 'n hoekie gebeur nie.

HANDELINGE 26:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want die koning, met wie ek ook vrymoediglik spreek, weet van hierdie dinge; want ek glo nie dat aan hom iets van hierdie dinge onbekend is nie, want dit het nie in 'n hoek gebeur nie.

HANDELINGE 26:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die koning is verseker bewus van hierdie dinge, en met hom praat ek openhartig. Ek is doodseker dat niks hiervan sy aandag ontglip het nie, want dis nie iets wat êrens in ’n hoekie gebeur het nie!

HANDELINGE 26:26 DB (Die Boodskap)

Enige mens wat mooi luister na wat ek sê, kan dit verstaan. Vra maar vir koning Agrippa. Hy weet ook van al die dinge waaroor ek praat. En hy begryp dit ook. Niks van hierdie dinge het op die een of ander verlate plekkie afgespeel nie.”

HANDELINGE 26:26 ABA (Bybel vir almal)

Ek is nie bang om met koning Agrippa te praat nie. Want ek weet en ek is seker dat hy weet van hierdie dinge wat ek sê, want hierdie dinge het gebeur waar almal dit kon sien.

HANDELINGE 26:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die koning begryp hierdie dinge; met hom kan ek vrymoedig praat. Want ek is daarvan oortuig dat niks hiervan hom ontgaan het nie, want dit het nie iewers in 'n uithoek plaasgevind nie.

HANDELINGE 26:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want die koning weet van hierdie dinge, voor wie ek ook vrymoedig spreek; want ek is oortuig dat niks van hierdie dinge vir hom verborge is nie; want hierdie ding is nie in 'n hoek gedoen nie.