Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 26:25 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 26:25 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar Paulus sê: “Ek is nie mal nie, U Edele, maar onder die leiding van die Heilige Gees praat ek die waarheid wat elkeen kan verstaan.

HANDELINGE 26:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.

HANDELINGE 26:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar Paulus sê: “Ek is nie van my kop af nie, hooggeagte Festus, maar die stellings wat ek maak, is waar en logies.

HANDELINGE 26:25 DB (Die Boodskap)

“Met alle respek, geagte Festus,” het Paulus geantwoord, “ek is glad nie mal nie. Dit wat ek sê, is die reine waarheid.

HANDELINGE 26:25 ABA (Bybel vir almal)

Maar Paulus het gesê: “Geagte Festus, ek is nie mal nie. Ek praat die waarheid, ek praat soos 'n wyse man praat.

HANDELINGE 26:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar Paulus sê: “Ek is nie waansinnig nie, hooggeagte Festus, maar wat ek sê, spreek van waarheid en gesonde oordeel.

HANDELINGE 26:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar hy sê: Ek is nie kwaad nie, edele Festus! maar spreek die woorde van waarheid en nugterheid uit.