Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 26:24 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 26:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

Terwyl Paulus hom nog so verdedig, skreeu Festus: “Jy's mal, Paulus! Jou groot geleerdheid maak jou mal!”

HANDELINGE 26:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar terwyl hy hom so verdedig, sê Festus met 'n groot stem: Jy is kranksinnig, Paulus; die groot geleerdheid bring jou tot kranksinnigheid.

HANDELINGE 26:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Terwyl hy nog só met sy verdediging besig was, skreeu Festus kliphard: “Jy’s van jou kop af, Paulus! Jou baie studies het veroorsaak dat jy van jou kop af geraak het!”

HANDELINGE 26:24 DB (Die Boodskap)

Paulus se woorde het Festus baie omgekrap. Toe hy dit nie meer kon uithou nie, het hy skielik geskree: “Jy is mal, Paulus! Jou groot geleerdheid is besig om jou van jou kop af te dryf.”

HANDELINGE 26:24 ABA (Bybel vir almal)

Terwyl Paulus gepraat het en gesê het hoekom hy onskuldig is, het Festus hard geskree en gesê: “Paulus, jy is mal! Jy het te veel dinge geleer, en dit maak jou mal!”

HANDELINGE 26:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Terwyl Paulus hierdie dinge ter verdediging aanvoer, roep Festus hardop uit: “Jy is waansinnig, Paulus! Jou groot geleerdheid dryf jou tot waansin!”

HANDELINGE 26:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En terwyl hy dit vir homself spreek, sê Festus met 'n groot stem: Paulus, jy is buite jouself; baie geleerdheid maak jou kwaad.