HANDELINGE 26:13 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 26:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
het ek, U Majesteit, helder oordag langs die pad 'n lig gesien wat uit die hemel gekom het. Dit was helderder as die son en dit het op my en my reisgenote geskyn.
HANDELINGE 26:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad 'n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.
HANDELINGE 26:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Dit was teen die middag, U Majesteit, toe ’n lig helderder as die son van die hemel af op my en my reisgenote geskyn het.
HANDELINGE 26:13 DB (Die Boodskap)
Geagte koning, hierdie lig uit die hemel was baie skerper as die son.
HANDELINGE 26:13 ABA (Bybel vir almal)
Ek was besig om na die stad Damaskus te gaan. Dit was omtrent twaalfuur die middag. Koning, toe het ek 'n lig gesien wat uit die hemel skyn. Die lig was baie helder, meer helder as die son. Die lig het op my geskyn, en ook op die mense wat saam met my geloop het.
HANDELINGE 26:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
o koning, het ek langs die pad helder oordag 'n lig uit die hemel gesien, helderder as die son, wat om my en my reisgenote skyn.
HANDELINGE 26:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Teen die middag, o koning, het ek op die pad 'n lig uit die hemel gesien, bo die glans van die son, wat rondom my en die wat saam met my gereis het, skyn.