HANDELINGE 26:12 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 26:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Terwyl ek hieroor na Damaskus toe op reis was, met volmag en in opdrag van die priesterhoofde
HANDELINGE 26:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters
HANDELINGE 26:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Op ’n keer was ek hieroor op reis na Damaskus, met ’n mandaat en in opdrag van die priesterhoofde.
HANDELINGE 26:12 DB (Die Boodskap)
“Ek was juis op ’n dag op pad na Damaskus met toestemmingsbriewe om Christene daar te gaan vang, toe ’n skerp lig in die middel van die dag skielik op my en my reisgenote begin skyn.
HANDELINGE 26:12 ABA (Bybel vir almal)
“Dit is hoekom ek na die stad Damaskus gegaan het. Die priesterleiers het gesê ek kan en moet dit gaan doen.
HANDELINGE 26:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Terwyl ek op 'n keer, in opdrag van die leierpriesters, en met hulle volmag, juis hiervoor na Damaskus op reis was
HANDELINGE 26:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe ek na Damaskus gegaan het met gesag en opdrag van die owerpriesters