HANDELINGE 25:4 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 25:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Festus het egter geantwoord: “Paulus word in Sesarea aangehou, en ek is van plan om binnekort daarheen terug te gaan.
HANDELINGE 25:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa bewaak word en dat hy self spoedig daarheen sou reis.
HANDELINGE 25:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Festus het egter geantwoord dat Paulus in Sesarea aangehou word, en dat hy self van plan was om binnekort daarheen terug te vertrek.
HANDELINGE 25:4 DB (Die Boodskap)
Festus het egter geweier. “Die man word in Sesarea aangehou. En so sal dit bly,” het hy geantwoord. Hy het wel vir hulle gesê dat hy self binne ’n paar dae na Sesarea sou terugkeer.
HANDELINGE 25:4 ABA (Bybel vir almal)
Maar Festus het gesê dat Paulus in Sesarea in die tronk moet bly. Festus het ook gesê dat hy gou na Sesarea sal teruggaan.
HANDELINGE 25:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Festus het egter geantwoord dat Paulus in Caesarea in aanhouding sou bly, maar dat hyself spoedig daarheen sou vertrek.
HANDELINGE 25:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Festus het geantwoord dat Paulus in Cesaréa aangehou moes word en dat hy self binnekort daarheen sou vertrek.