Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 25:23 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 25:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die volgende dag het Agrippa en Bernice met groot vertoon die saal binnegekom in geselskap van die generaals en die vooraanstaande inwoners van die stad. Op Festus se bevel is Paulus ingebring.

HANDELINGE 25:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Op die volgende dag het Agríppa en Berníce toe met prag en praal gekom en die gehoorsaal binnegetree saam met die owerstes oor duisend en die aansienlikste manne van die stad; en op bevel van Festus is Paulus voorgebring.

HANDELINGE 25:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die volgende dag het Agrippa gekom, en Bernice ook, met groot vertoon. Hulle het die saal binnegekom in geselskap van die generaals en die vooraanstaande inwoners van die stad. Op Festus se bevel is Paulus ingebring.

HANDELINGE 25:23 DB (Die Boodskap)

Die volgende dag het Agrippa en Bernice met prag en praal in die amptelike saal ingekom waar hulle Paulus te woord sou staan. Almal wat iets of iemand in Sesarea was, van hooggeplaaste militêre offisiere tot by vooraanstaande sakemense, het ook opgedaag vir die geleentheid. Festus het die teken aan sy soldate gegee om Paulus te laat inkom.

HANDELINGE 25:23 ABA (Bybel vir almal)

Die volgende dag het Agrippa en Bernice in die saal ingekom. Hulle het baie duur klere aangehad en hulle het baie belangrik gelyk. Die hoof-offisiere en die belangrike manne van die stad het saam met hulle ingekom. Toe het Festus vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus gaan haal.

HANDELINGE 25:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die volgende dag het Agrippa en Bernice met groot vertoon opgedaag. Hulle het saam met die chiliarge en die vooraanstaande manne van die stad die ontvangsaal binnegegaan. Toe is Paulus op bevel van Festus na binne gebring.

HANDELINGE 25:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die volgende dag, toe Agrippa gekom het, en Bernice, met groot prag en in die plek van verhoor ingegaan is, saam met die owerstes en die hoofmanne van die stad, is Paulus op bevel van Festus gebring.