HANDELINGE 25:22 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 25:22 AFR83 (Afrikaans 1983)
Agrippa sê toe vir Festus: “Ek sou self ook graag die man wil hoor.” “Môre kan u hom hoor,” antwoord Festus.
HANDELINGE 25:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Agríppa sê vir Festus: Ek sou self ook graag die man wil hoor. Toe antwoord hy: Môre sal u hom hoor.
HANDELINGE 25:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Ek sou self ook graag die man wou hoor,” sê Agrippa toe vir Festus. Festus het geantwoord: “Môre sal jy hom hoor!”
HANDELINGE 25:22 DB (Die Boodskap)
Agrippa sê toe vir Festus: “Ek sou hom baie graag wou ontmoet.” Festus sê toe: “Ek reël dat u hom sommer môre nog te sien kry.”
HANDELINGE 25:22 ABA (Bybel vir almal)
Agrippa het vir Festus gesê: “Ek wil graag self luister na wat hierdie man sê.” Festus het gesê: “Jy kan môre met hom praat en luister na wat hy sê.”
HANDELINGE 25:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Agrippa het aan Festus gesê: “Ek sou self ook graag die man wou hoor.” Hy het geantwoord: “Môre sal jy hom hoor!”
HANDELINGE 25:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Agrippa vir Festus: Ek wil ook self na die man luister. Môre, sê hy, sal jy hom hoor.