HANDELINGE 25:13 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 25:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
Na verloop van tyd het koning Agrippa en Bernice na Sesarea toe gekom om Festus te verwelkom.
HANDELINGE 25:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EN ná verloop van enkele dae het koning Agríppa en Berníce in Cesaréa aangekom om Festus te begroet.
HANDELINGE 25:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
’n Paar dae later het koning Agrippa en Bernice in Sesarea aangekom om Festus te verwelkom.
HANDELINGE 25:13 DB (Die Boodskap)
’n Rukkie later het koning Agrippa en sy suster Bernice Sesarea besoek om Festus amptelik te kom verwelkom.
Deel
HANDELINGE 25 DBHANDELINGE 25:13 ABA (Bybel vir almal)
Ná 'n paar dae het koning Agrippa en sy vrou Bernice in die stad Sesarea aangekom om vir Festus te groet en welkom te sê.
HANDELINGE 25:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ná verloop van 'n paar dae het koning Agrippa en Bernice in Caesarea aangekom om aan Festus 'n beleefdheidsbesoek te bring.
HANDELINGE 25:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ná sekere dae het koning Agrippa en Bernice na Cesaréa gekom om Festus te groet.