HANDELINGE 25:1 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 25:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Drie dae na sy aankoms in die provinsie het Festus van Sesarea af Jerusalem toe gegaan.
HANDELINGE 25:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
FESTUS het dan in die provinsie gekom en ná drie dae van Cesaréa opgegaan na Jerusalem.
HANDELINGE 25:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Drie dae na sy aankoms in die provinsie het Festus van Sesarea af opgegaan Jerusalem toe.
HANDELINGE 25:1 DB (Die Boodskap)
Drie dae na sy aankoms in Sesarea is Festus na Jerusalem toe. Die hoëpriester en al die godsdienstige leiers van die Jode het hierdie kans aangegryp.
Deel
HANDELINGE 25 DBHANDELINGE 25:1 ABA (Bybel vir almal)
Festus het die nuwe goewerneur geword en hy het na daardie provinsie gekom. Ná drie dae het hy van die stad Sesarea na Jerusalem gegaan.
HANDELINGE 25:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Drie dae nadat Festus in die provinsie aangekom het, het hy van Caesarea af na Jerusalem opgegaan.
HANDELINGE 25:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Festus in die provinsie gekom het, het hy ná drie dae van Cesaréa opgevaar na Jerusalem.