Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 21:12 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 21:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe ons dit hoor, het ons en die mense daar vir Paulus gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie.

HANDELINGE 21:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.

HANDELINGE 21:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe ons dit hoor, het ons en die plaaslike gelowiges Paulus gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie.

HANDELINGE 21:12 DB (Die Boodskap)

Toe ons dit hoor, was ons baie omgekrap. Ons het Paulus oor en oor gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie, maar hy wou nie na ons luister nie. “Hoekom probeer julle om my van my plan te laat afsien?” het hy ons gevra.

HANDELINGE 21:12 ABA (Bybel vir almal)

Toe ons hoor wat Agabus sê, het ons en die gelowiges wat daar woon, vir Paulus ernstig gevra om nie na Jerusalem te gaan nie.

HANDELINGE 21:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe ons dit hoor, het ons en die plaaslike mense Paulus gesmeek om nie na Jerusalem op te gaan nie.

HANDELINGE 21:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe ons hierdie dinge hoor, het ons sowel as dié van daardie plek Hom gesmeek om nie na Jerusalem op te gaan nie.