Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 20:34 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 20:34 AFR83 (Afrikaans 1983)

Julle weet self dat ek vir myself en vir die mense wat saam met my was, gesorg het deur met hierdie twee hande van my te werk.

HANDELINGE 20:34 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.

HANDELINGE 20:34 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle weet self dat hierdie twee hande van my voorsien het in my behoeftes en in die behoeftes van dié wat saam met my was.

HANDELINGE 20:34 DB (Die Boodskap)

Nee, ek het met my eie twee hande gewerk om aan die lewe te bly. So kon ek vir myself en ook vir al my helpers sorg.

HANDELINGE 20:34 ABA (Bybel vir almal)

Julle weet self dat ek met my eie hande gewerk het om vir myself te sorg en ook vir die mense wat saam met my was.

HANDELINGE 20:34 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Julle weet self dat ek met hierdie hande van my in my eie behoeftes voorsien het, en ook in dié van hulle saam met my.

HANDELINGE 20:34 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ja, julle weet self dat hierdie hande gedien het in my behoeftes, en aan die wat by my was.