HANDELINGE 20:16 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 20:16 AFR83 (Afrikaans 1983)
Paulus het besluit om by Efese verby te vaar, sodat hy nie tyd in die provinsie Asië sou verloor nie, want hy was haastig om, as dit kon, op pinksterdag in Jerusalem te wees.
HANDELINGE 20:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want Paulus het besluit om by Éfese verby te vaar, sodat hy nie in Asië tyd sou verloor nie; want hy het hom gehaas om, as dit vir hom moontlik was, op die pinksterdag in Jerusalem te wees.
HANDELINGE 20:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Paulus het reeds voorheen besluit om by Efese verby te vaar sodat hy nie nog langer in die provinsie Asië tyd hoef deur te bring nie. Hy was haastig om, as dit kon, op Pinksterdag in Jerusalem te wees.
HANDELINGE 20:16 DB (Die Boodskap)
Hy wou nie nog daar oorbly nie omdat hy graag op pinksterdag in Jerusalem wou wees.
HANDELINGE 20:16 ABA (Bybel vir almal)
Ons het nie met die skip by die stad Efese gestop nie, want Paulus het besluit dat ons verby die stad Efese moet gaan, hy wou nie in die provinsie Asië bly nie, want dan sou dit te lank wees voordat ons in Jerusalem kom. Hy was haastig om in Jerusalem te kom. Hy wou graag op die dag van die Pinksterfees in Jerusalem wees.
HANDELINGE 20:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want Paulus het besluit om by Efese verby te vaar, sodat hy nie tyd in Asië hoef te bestee nie. Hy was gretig om, as dit kon, op die Pinksterdag in Jerusalem te wees.
HANDELINGE 20:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Paulus het besluit om deur Éfese te vaar, omdat hy nie die tyd in Asië wou deurbring nie, want hy het hom gehaas, as dit vir hom moontlik was, om op Pinksterdag in Jerusalem te wees.