Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 19:8 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 19:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig.

HANDELINGE 19:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.

HANDELINGE 19:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Paulus is toe na die sinagoge en hy het daar vir drie maande lank met vrymoedigheid gepreek. Hy het besprekings gehou en oortuigende argumente aangevoer oor die koningsheerskappy van God.

HANDELINGE 19:8 DB (Die Boodskap)

Paulus het daarna by die sinagoge in Efese gaan besoek aflê. Hy het die volgende drie maande gereeld soontoe gegaan. Keer op keer het hy met die mense gaan redeneer. Hy het hard probeer om hulle te oortuig dat hulle slegs in God se nuwe wêreld kon kom as hulle in Jesus glo. Maar baie van hulle het volstrek geweier om in Jesus te glo. Later het hulle met Paulus begin spot en lelike dinge oor Jesus daar voor almal kwytgeraak. Paulus was baie ontevrede.

HANDELINGE 19:8 ABA (Bybel vir almal)

Paulus het toe na die sinagoge gegaan en hy het drie maande lank elke dag met die Jode gepraat. Hy was nie bang nie, hy het vir hulle gesê dat God Koning is oor almal. Hy het hard probeer dat hulle dit ook moet glo, soos hy.

HANDELINGE 19:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Paulus het toe na die •sinagoge gegaan en daar vir drie maande lank met vrymoedigheid gepreek, geredeneer en hulle probeer oortuig aangaande die •koninkryk van God.

HANDELINGE 19:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het in die sinagoge ingegaan en drie maande lank met vrymoedigheid gepraat en die dinge aangaande die koninkryk van God betwis en oortuig.