Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 19:22 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 19:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het twee van sy helpers, Timoteus en Erastus, vooruit gestuur Masedonië toe, maar self nog 'n tyd lank in die provinsie Asië agtergebly.

HANDELINGE 19:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop stuur hy twee van sy helpers, Timótheüs en Erástus, na Macedónië, terwyl hy self nog 'n tyd lank in Asië gebly het.

HANDELINGE 19:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het twee van sy helpers, Timoteus en Erastus, met ’n mandaat Masedonië toe gestuur; self het hy nog ’n tyd lank in die provinsie Asië gebly.

HANDELINGE 19:22 DB (Die Boodskap)

Timoteus en Erastus, vooruit na Masedonië gestuur. Hy self het eers nog ’n rukkie in Asië agtergebly.

HANDELINGE 19:22 ABA (Bybel vir almal)

Hy het toe twee van sy helpers, Timoteus en Erastus, na Masedonië gestuur. Maar Paulus het self nog 'n tyd lank in die provinsie Asië gebly.

HANDELINGE 19:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het twee van sy helpers, Timoteus en Erastus, na Macedonië gestuur, terwyl hy self nog 'n tyd lank in Asië vertoef het.

HANDELINGE 19:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy het toe twee van die wat hom bedien het, na Macedónië gestuur, Timotheus en Erastus; maar hy het self 'n tyd lank in Asië gebly.