HANDELINGE 19:1-2 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 19:1-2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binneland gereis en in Efese gekom. Daar het hy 'n groepie gelowiges gekry vir wie hy gevra het: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie,” het hulle geantwoord.
HANDELINGE 19:1-2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EN terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.
HANDELINGE 19:1-2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binnelandse gebiede van Klein-Asië Efese toe gereis. Daar het hy ’n groepie gelowiges gekry. Hy het vir hulle gevra: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle begin glo het?” “Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie,” het hulle hom geantwoord.
HANDELINGE 19:1-2 DB (Die Boodskap)
Apollos het ook in Korinte vir die mense van Jesus vertel. Terwyl hy daarmee besig was, het Paulus intussen deur ’n aantal ander gebiede gereis. Toe Paulus in Efese aankom, het hy sowat twaalf volgelinge van Jesus daar raakgeloop. Hy vra toe vir hulle: “Het julle ook die Gees se krag in julle lewens ontvang toe julle tot bekering gekom het?”
HANDELINGE 19:1-2 ABA (Bybel vir almal)
Terwyl Apollos in die stad Korinte was, het Paulus deur ander plekke in die provinsie Asië gegaan en hy het in die stad Efese gekom. Daar het hy 'n paar gelowiges gekry en hy het vir hulle gevra: “Het die Heilige Gees in julle gekom toe julle in Jesus begin glo het?” Hulle antwoord toe vir Paulus: “Nee, ons het nie die Heilige Gees gekry nie en ons het ook nog nie gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.”
HANDELINGE 19:1-2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus deur die hoërliggende gebiede gereis en afgegaan na Efese, waar hy 'n aantal dissipels aangetref het. Hy het hulle gevra: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” Hulle het hom geantwoord: “Nee, ons het nie eers gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.”
HANDELINGE 19:1-2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl Apollos in Korinthe was, kom Paulus deur die boonste gebiede in Éfese, en hy het sekere dissipels gevind, Hy sê vir hulle: Het julle die Heilige Gees ontvang vandat julle geglo het? En hulle sê vir hom: Ons het nie soseer gehoor of daar 'n Heilige Gees is nie.