Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 18:5 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 18:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Nadat Silas en Timoteus van Masedonië af gekom het, het Paulus al sy tyd bestee aan die prediking om die Jode daarvan te oortuig dat Jesus die Christus is.

HANDELINGE 18:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe Silas en Timótheüs van Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is.

HANDELINGE 18:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Nadat Silas en Timoteus van Masedonië af aangekom het, het Paulus al sy aandag bestee aan die prediking om die Jode daarvan te oortuig dat Jesus die Messias is.

HANDELINGE 18:5 DB (Die Boodskap)

Intussen het Silas en Timoteus uit Masedonië na Korinte gekom. Hulle het Paulus raak- geloop waar hy hard besig was om die Jode te probeer oortuig dat Jesus die Messias is. Die meeste van hulle het Paulus se boodskap verwerp.

HANDELINGE 18:5 ABA (Bybel vir almal)

Nadat Silas en Timoteus van die provinsie Masedonië gekom het, het Paulus opgehou om tente te maak, hy het elke dag net die boodskap van Jesus vir die mense gebring. Hy het vir die Jode gesê dat dit waar is dat Jesus die Christus is.

HANDELINGE 18:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En toe Silas en Timoteus van Macedonië af daar aangekom het, het Paulus hom op die verkondiging toegespits en teenoor die Jode getuig dat Jesus die Christus is.

HANDELINGE 18:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe Silas en Timoteus van Masedonië af gekom het, was Paulus in die gees gedruk en het aan die Jode getuig dat Jesus Christus is.