HANDELINGE 18:17 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 18:17 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle het toe almal vir Sostenes, die hoof van die sinagoge, gegryp en hom net daar voor die regbank aangerand. Gallio het hom egter niks daaraan gesteur nie.
HANDELINGE 18:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En al die Grieke het Sósthenes, die hoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en Gállio het hom aan niks van hierdie dinge gesteur nie.
HANDELINGE 18:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die klaers het toe almal vir Sostenes, die hoof van die sinagoge, gegryp en hom net daar voor die regbank aangerand. Gallio het hom egter aan niks hiervan gesteur nie.
HANDELINGE 18:17 DB (Die Boodskap)
Intussen het die mense vir Sostenes, een van die hoofde van die sinagoge, ook na Gallio toe gebring. Daar het hulle hom rondgestamp en allerhande beskuldigings teen hom gemaak. Gallio wou egter nie in hulle godsdienstige geskille inmeng nie.
HANDELINGE 18:17 ABA (Bybel vir almal)
Hulle almal het vir Sostenes, die leier van die sinagoge, gegryp en hulle het hom daar voor die hof begin slaan. Maar Gallio was nie bekommerd oor hierdie dinge nie.
HANDELINGE 18:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het almal vir Sostenes, die leier van die sinagoge, gegryp en hom voor die regbank geslaan. Gallio het hom egter aan niks hiervan gesteur nie.
HANDELINGE 18:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het al die Grieke Sosthenes, die owerste van die sinagoge, geneem en hom voor die regterstoel geslaan. En Gallio het vir niks van daardie dinge omgegee nie.