Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 17:8-9 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 17:8-9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die mense en die stadsbestuur was ontsteld toe hulle dit hoor, maar nadat hulle van Jason en die ander gelowiges die nodige waarborg gekry het, is hulle losgelaat.

HANDELINGE 17:8-9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het. Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.

HANDELINGE 17:8-9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die skare en die stadsowerhede was ontsteld toe hulle dit hoor. Hulle het hulle egter laat gaan nadat hulle van Jason en die ander gelowiges voldoende borg gekry het.

HANDELINGE 17:8-9 DB (Die Boodskap)

Toe die skare en die leiers van die stad dié aanklagte hoor, was hulle baie kwaad. Hulle het verskriklik met Jason en die ander gelowiges geraas. Maar uiteindelik het hulle hulle laat gaan nadat hulle ’n afkoopsom betaal het. Jason moes ook die versekering gee dat daar nie nog moeilikheid sou wees nie.

HANDELINGE 17:8-9 ABA (Bybel vir almal)

Die leiers en baie mense in die stad wat hierdie dinge gehoor het, het bekommerd geword. Ander gelowiges het vir Jason gehelp en hulle het vir hom borg gestaan. Toe die leiers genoeg geld gekry het, het hulle vir Jason en die ander gelowiges vry laat weggaan.

HANDELINGE 17:8-9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hierdeur het hulle die skare en die stadsowerhede wat dit gehoor het, ontstel. Eers nadat hulle van Jason en die ander borgtog ontvang het, het hulle hulle vrygelaat.

HANDELINGE 17:8-9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hulle het die mense en die owerstes van die stad verskrik toe hulle hierdie dinge hoor. En toe hulle sekuriteit van Jason en van die ander geneem het, het hulle hulle laat gaan.