Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 17:22 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 17:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is.

HANDELINGE 17:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.

HANDELINGE 17:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Paulus het toe in die middel van die Areopagusraad stelling ingeneem en gesê: “Ateners, ek sien dat julle in alle opsigte nogal regtig godsdienstig is.

HANDELINGE 17:22 DB (Die Boodskap)

Paulus het in die middel van die Areopagus gaan staan en met die mense begin praat.

HANDELINGE 17:22 ABA (Bybel vir almal)

Paulus het toe voor die vergadering op die Areopagus gaan staan en hy het gesê: “Mense van Atene, ek sien dat julle aanhou om julle gode te dien saam met alles wat julle in julle lewe doen.

HANDELINGE 17:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Paulus het toe in die middel van die Areopagus gaan staan en gesê: “Atheners, ek sien dat julle in alle opsigte baie godsdienstig is.

HANDELINGE 17:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe gaan Paulus in die middel van die heuwel van Mars staan en sê: Manne van Athene, ek sien dat julle in alles te bygelowig is.