Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 17:16 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 17:16 AFR83 (Afrikaans 1983)

Terwyl Paulus in Atene vir Silas en Timoteus wag, het hy baie verontwaardig geword toe hy sien hoe vol afgodsbeelde die stad is.

HANDELINGE 17:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.

HANDELINGE 17:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Terwyl Paulus in Atene vir hulle wag, het hy diep verontwaardig geword toe hy agterkom die stad is so vol afgodsbeelde.

HANDELINGE 17:16 DB (Die Boodskap)

Terwyl Paulus in Atene op Silas en Timoteus gewag het, het hy in die stad gaan rondloop.

HANDELINGE 17:16 ABA (Bybel vir almal)

Terwyl Paulus in die stad Atene vir Silas en Timoteus gewag het, het Paulus baie kwaad en ontsteld geword toe hy sien dat die stad vol beelde van afgode was.

HANDELINGE 17:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Terwyl Paulus in Athene op hulle gewag het, was hy in sy gees diep verontwaardig toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde is.

HANDELINGE 17:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En terwyl Paulus in Atene vir hulle gewag het, het sy gees in hom geroer toe hy die stad sien wat geheel en al aan afgodery gegee is.