Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 16:26 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 16:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Skielik kom daar 'n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak.

HANDELINGE 16:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En skielik kom daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en die boeie van almal het losgeraak.

HANDELINGE 16:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Skielik kom daar ’n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!

HANDELINGE 16:26 DB (Die Boodskap)

Toe, uit die bloute, het ’n groot aardbewing die tronk geruk. Dit was so erg dat die seldeure oopgegaan en al die boeie van die gevangenes afgeval het.

HANDELINGE 16:26 ABA (Bybel vir almal)

Skielik was daar 'n groot aardbewing en die fondamente van die tronk het gebewe. Dadelik het al die deure van die tronk oopgegaan en almal se kettings het afgeval.

HANDELINGE 16:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Skielik was daar 'n hewige aardbewing, sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure het onmiddellik oopgegaan, en almal se boeie het losgegaan.

HANDELINGE 16:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En skielik was daar 'n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het, en dadelik het al die deure oopgegaan, en elkeen se bande is losgemaak.