Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 16:13 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 16:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Op die sabbatdag is ons na die rivier toe buitekant die stadspoort, omdat ons gedink het daar sou 'n Joodse bidplek wees. Ons het gaan sit en met die vroue gepraat wat daar bymekaar was.

HANDELINGE 16:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En op die sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs 'n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.

HANDELINGE 16:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Op die Sabbatdag is ons na die rivier buite die stadspoort, waar ons gereken het daar ’n Joodse bidplek sou wees. Ons het gaan sit en met die vroue gepraat wat daar bymekaar was.

HANDELINGE 16:13 DB (Die Boodskap)

Op die sabbatdag het ons na ’n rivier net buite die stad gestap. Ons het gehoor dat mense gewoonlik daar bymekaargekom het om te bid. Ons het daar gaan sit en begin gesels met ’n paar van die vroue wat daar was.

HANDELINGE 16:13 ABA (Bybel vir almal)

Op die Sabbatdag het ons uitgegaan by die stad se poort en ons het gegaan na 'n plek langs die rivier. Ons het geweet dat die Jode altyd daar kom bid. Ons het gaan sit en ons het begin praat met die vroue wat daar saam was.

HANDELINGE 16:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Op die Sabbat het ons by die stadspoort uitgegaan na die rivier, waar ons vermoed het 'n bidplek was. Ons het gaan sit en met die vroue gepraat wat daar bymekaargekom het.

HANDELINGE 16:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En op die sabbat het ons uit die stad uitgegaan langs die rivier, waar gebid was; en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar tuisgegaan het.