HANDELINGE 15:9 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 15:9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig.
HANDELINGE 15:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
HANDELINGE 15:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy het dus geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig.
HANDELINGE 15:9 DB (Die Boodskap)
“God maak nie onderskeid tussen mense van verskillende volke nie. Hy trek niemand voor nie. Daarom het Hy ook daardie mense wat nie Jode is nie, nuut gemaak omdat hulle in Jesus glo.
HANDELINGE 15:9 ABA (Bybel vir almal)
God het ook nie gedink dat die heidene anders is as ons wat Jode is nie, want Hy het vir die heidene rein gemaak omdat hulle in Christus glo.
HANDELINGE 15:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het geen onderskeid getref tussen ons en hulle nie, want Hy het hulle harte deur die geloof gereinig.
HANDELINGE 15:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En maak geen verskil tussen ons en hulle nie, en reinig hulle harte deur die geloof.