Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 15:5 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 15:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

maar party van die gelowiges wat vroeër Fariseërs was, het na vore gekom en gesê: “Die bekeerlinge moet besny word en aangesê word om die wet van Moses te onderhou.”

HANDELINGE 15:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.

HANDELINGE 15:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sommige van dié wat gelowiges geword het uit die geledere van die Fariseërs, het egter opgestaan en verklaar: “Nie-Joodse bekeerlinge moet besny word en die opdrag kry om die wet van Moses te onderhou.”

HANDELINGE 15:5 DB (Die Boodskap)

’n Klompie Fariseërs wat intussen ook tot bekering gekom het, was geskok toe hulle hoor hoe Paulus en Barnabas onder nie-Jode gewerk het. “Julle moet daardie mense dadelik laat besny. Julle moet ook sorg dat hulle die wet van Moses streng onderhou,” het hulle gesê.

HANDELINGE 15:5 ABA (Bybel vir almal)

Maar party van die gelowiges was Fariseërs voordat hulle in Christus begin glo het. Hulle het opgestaan en gesê: “Daardie heidene wat nou in Christus glo, moet besny word. Julle moet ook vir hulle sê dat hulle moet doen wat die Wette van Moses sê.”

HANDELINGE 15:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Sommige mense wat aan die •Fariseërs se party behoort en gelowig geword het, het egter opgestaan en gesê: “Hulle moet besny word en opdrag kry om die •Wet van Moses te onderhou.”

HANDELINGE 15:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar sommige van die sekte van die Fariseërs wat gelowig geword het, het opgestaan en gesê: Dit was nodig om hulle te besny en om hulle te beveel om die wet van Moses te onderhou.