Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 15:32 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 15:32 AFR83 (Afrikaans 1983)

Judas en Silas, wat self ook profete was, het lank met die gelowiges gepraat en hulle bemoedig en geestelik versterk.

HANDELINGE 15:32 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.

HANDELINGE 15:32 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Judas en Silas, wat self ook profete was, het lank met hulle medegelowiges gepraat en hulle bemoedig en geestelik versterk.

HANDELINGE 15:32 DB (Die Boodskap)

Judas en Silas, self ook profete wat die Here se wil bekendgemaak het, het toe lank met die gelowiges in Antiogië gepraat. Hulle het by ’n hele paar geleenthede met hulle oor God gepraat en hulle geloof opgebou.

HANDELINGE 15:32 ABA (Bybel vir almal)

Judas en Silas was self ook profete en hulle het lank met die gelowiges gepraat om hulle te bemoedig en om hulle geloof sterker te maak.

HANDELINGE 15:32 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broers met baie woorde bemoedig en versterk.

HANDELINGE 15:32 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde vermaan en hulle bevestig.