Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 10:7 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 10:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Nadat die engel wat met hom gepraat het, weggegaan het, het Kornelius twee van sy huisbediendes en een van sy lyfwagte, 'n godsdienstige soldaat, geroep.

HANDELINGE 10:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en 'n vroom soldaat van die wat altyd by hom was

HANDELINGE 10:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die engel wat met hom gepraat het, vertrek, het Kornelius twee van sy huiswerkers en een van sy lyfwagte, self ’n soldaat wat aan God toegewy geleef het, geroep.

HANDELINGE 10:7 DB (Die Boodskap)

Nadat die engel vertrek het, het Kornelius twee van sy huiswerkers en ’n soldaat wat ook godsdienstig was, laat haal.

HANDELINGE 10:7 ABA (Bybel vir almal)

Die engel wat met Kornelius gepraat het, het weggegaan. Kornelius het twee van sy slawe wat in sy huis gewerk het, geroep en ook 'n soldaat wat vir hom gewerk het.

HANDELINGE 10:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die engel wat met hom gepraat het weg is, roep hy twee van sy huisbediendes en 'n godvresende soldaat, een van hulle wat hom dien

HANDELINGE 10:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weggegaan het, het hy twee van sy huisbediendes geroep en 'n vroom soldaat van die wat gedurig op hom gewag het