Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 10:5 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 10:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Stuur nou dadelik mense na Joppe toe en laat daar 'n sekere Simon haal wat ook Petrus genoem word.

HANDELINGE 10:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.

HANDELINGE 10:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Stuur daarom nou dadelik mans na Joppe toe en laat daar ’n sekere Simon haal. Sy noemnaam is Petrus.

HANDELINGE 10:5 DB (Die Boodskap)

Daarom wil Hy hê dat jy ’n paar manne Joppe toe moet stuur.

HANDELINGE 10:5 ABA (Bybel vir almal)

Jy moet 'n paar mans na die hawestad Joppe stuur om vir Simon te gaan haal. Die mense noem vir Simon ook Petrus.

HANDELINGE 10:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Stuur dan nou mans na Joppe om iemand met die naam Simon, ook bekend as •Petrus, te gaan haal.

HANDELINGE 10:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En stuur nou manne na Joppe en roep een Simon, wie se van Petrus is.