HANDELINGE 10:47 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 10:47 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang. Wat kan dan verhinder dat hulle nou met water gedoop word?”
HANDELINGE 10:47 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
HANDELINGE 10:47 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Wat kan verhinder dat hulle met water gedoop word noudat hulle net soos ons die Heilige Gees ontvang het?”
HANDELINGE 10:47 DB (Die Boodskap)
Terwyl dit gebeur, vra Petrus vir die ander gelowiges saam met hom: “Wie sal beswaar maak as hierdie mense gedoop word? Hulle het ook die Heilige Gees ontvang, net soos ons.”
HANDELINGE 10:47 ABA (Bybel vir almal)
“Niemand kan dit keer nie, hierdie mense mag met water gedoop word, want hulle het ook die Heilige Gees ontvang, soos ons.”
HANDELINGE 10:47 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Niemand kan tog verhinder dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, met water gedoop word nie?”
HANDELINGE 10:47 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kan iemand water verbied, dat hulle nie gedoop word nie, wat die Heilige Gees ontvang het net soos ons?