Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 10:44 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 10:44 AFR83 (Afrikaans 1983)

Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het.

HANDELINGE 10:44 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

HANDELINGE 10:44 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Terwyl Petrus nog hierdie dinge sê, het die Heilige Gees op almal gekom wat sy boodskap gehoor het.

HANDELINGE 10:44 DB (Die Boodskap)

Petrus was nog besig om te praat, toe kom die Heilige Gees oor almal wat na hom gesit en luister het.

HANDELINGE 10:44 ABA (Bybel vir almal)

Terwyl Petrus nog besig was om hierdie dinge te sê, het die Heilige Gees gekom in al die mense wat geluister het na Petrus se boodskap.

HANDELINGE 10:44 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Petrus was nog aan die woord, toe die Heilige Gees op almal wat na die toespraak luister, neerdaal.

HANDELINGE 10:44 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Terwyl Petrus nog hierdie woorde gespreek het, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.