Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 10:4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 10:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Kornelius het hom verskrik aangekyk en gevra: “Wat is dit, Meneer?” Die engel sê toe vir hom: “God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink.

HANDELINGE 10:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.

HANDELINGE 10:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Kornelius het hom aangestaar en bang geword en gevra: “Wat is dit, Meneer?” Die engel het hom geantwoord: “Jou gebede en wat jy vir die armes doen, het God opgeval!

HANDELINGE 10:4 DB (Die Boodskap)

“Kornelius!” Kornelius het groot geskrik. Hy het die engel aangestaar en gesê: “Wat is dit, Meneer?” “God het jou gebede gehoor,” het die engel geantwoord. “Al die goeie dinge wat jy vir die armes doen, het Hy ook raakgesien.

HANDELINGE 10:4 ABA (Bybel vir almal)

Kornelius was bang. Hy het na die engel gekyk en gesê: “Wat is dit, Meneer?” Die engel sê toe vir hom: “God het gehoor toe jy elke dag tot Hom gebid het en Hy het die goeie dinge gesien wat jy doen.

HANDELINGE 10:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het stip na hom gestaar en beangs gevra: “Wat is dit, Meneer?” Toe antwoord hy hom: “Jou gebede en jou liefdadigheid het tot 'n gedenkoffer voor God opgestyg.

HANDELINGE 10:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe hy na hom kyk, was hy bang en sê: Wat is dit, Here? En hy sê vir hom: Jou gebede en jou aalmoese het opgekom om voor God te gedenk.