HANDELINGE 10:37 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 10:37 AFR83 (Afrikaans 1983)
Julle weet ook van die gebeurtenisse dwarsdeur die hele Joodse land. Dit het in Galilea begin ná die doop wat Johannes verkondig het.
HANDELINGE 10:37 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het
HANDELINGE 10:37 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Julle weet ook self wat dwarsdeur Judea gebeur het; dit het van Galilea af begin ná Johannes die Doper begin preek het.
HANDELINGE 10:37 DB (Die Boodskap)
Dit het eintlik al in Galilea begin toe Johannes die Doper daar gepreek het dat mense hulle lewens moet verander en hulle moet laat doop. Daarna het Jesus van Nasaret op die toneel verskyn.
HANDELINGE 10:37 ABA (Bybel vir almal)
Julle weet van die dinge wat gebeur het in die hele Joodse land. Dit het alles in die provinsie Galilea begin toe Johannes die Doper gepreek het oor die doop waarmee hy die mense doop.
HANDELINGE 10:37 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle weet wat dwarsdeur Judea gebeur het – dit het begin in Galilea, ná die doop wat Johannes verkondig het
HANDELINGE 10:37 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daardie woord, sê ek, weet julle, wat deur die hele Judéa bekend gemaak is en van Galilea begin het, ná die doop wat Johannes verkondig het