Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 10:3 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 10:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Een middag teen drie-uur het hy in 'n gesig duidelik 'n engel van God na hom toe sien kom wat na hom roep: “Kornelius!”

HANDELINGE 10:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!

HANDELINGE 10:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Een middag teen drie-uur het hy in ’n gesig duidelik ’n engel van God na hom toe sien kom wat vir hom sê: “Kornelius!”

HANDELINGE 10:3 DB (Die Boodskap)

Een middag teen drie-uur, terwyl Kornelius besig was om te bid, het hy ’n visioen gesien. ’n Engel van die Here het na hom toe gekom en gesê

HANDELINGE 10:3 ABA (Bybel vir almal)

Een middag omtrent drie-uur het God iets vir Kornelius gewys: 'n Engel van God het na Kornelius toe gekom en vir hom gesê: “Kornelius!”

HANDELINGE 10:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het teen die negende uur van die dag in 'n visioen duidelik 'n engel van God na hom sien binnekom wat vir hom sê: “Cornelius!”

HANDELINGE 10:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hy het in 'n gesig blykbaar omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Kornelius!