Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 10:24 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 10:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

en 'n dag later in Sesarea aangekom. Kornelius het hulle al verwag en het sy familie en huisvriende reeds bymekaar geroep.

HANDELINGE 10:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die dag daarop het hulle in Cesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep.

HANDELINGE 10:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle het die volgende dag in Sesarea aangekom. Kornelius het hulle al verwag en het sy familie en naby vriende reeds saamgeroep.

HANDELINGE 10:24 DB (Die Boodskap)

’n Dag later het hulle in Sesarea aangekom. Intussen het Kornelius opgewonde op hulle koms gewag. Hy het selfs sy familie en vriende laat kom om saam met hom te luister na wat Petrus te sê het.

HANDELINGE 10:24 ABA (Bybel vir almal)

Die volgende dag het Petrus in Sesarea aangekom. Kornelius het klaar sy familie en sy beste vriende bymekaargeroep, hy het vir Petrus gewag en was haastig dat hy moet kom.

HANDELINGE 10:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die dag daarna het hy in Caesarea aangekom. Cornelius was hulle te wagte, en het reeds sy familie en naaste vriende bymekaar laat kom.

HANDELINGE 10:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die volgende dag het hulle in Cesaréa ingegaan. En Cornelius het hulle ingewag en sy bloedverwante en vriende bymekaargeroep.