Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 1:26 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 1:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle het geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.

HANDELINGE 1:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.

HANDELINGE 1:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle het toe geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.

HANDELINGE 1:26 DB (Die Boodskap)

Daarna het hulle lootjies getrek. Mattias is as die nuwe apostel gekies.

HANDELINGE 1:26 ABA (Bybel vir almal)

Hulle het lootjies getrek en die lootjie het gewys dit moet Mattias wees. Toe was Mattias ook 'n apostel saam met die elf apostels.

HANDELINGE 1:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe het hulle geloot, en die lot het op Mattias geval. Hy is daarop by die elftal apostels gevoeg.

HANDELINGE 1:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hulle het hul lote uitgegee; en die lot het op Mattias geval; en hy is saam met die elf apostels getel.