Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 1:22 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 1:21-22 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Daar moet dus nog 'n getuie van Jesus se opstanding by ons gevoeg word. Dit moet een van die manne wees wat saam met ons rondgegaan het die hele tyd toe die Here Jesus in die openbaar opgetree het, vandat Hy deur Johannes gedoop is totdat Hy van ons af in die hemel opgeneem is.”

HANDELINGE 1:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.

HANDELINGE 1:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

van die tyd toe Jesus heel aan die begin deur Johannes gedoop is, tot op die dag toe Hy van ons in die hemel opgeneem is. Die een wat gekies word, sal saam met ons ’n getuie wees van Jesus se opstanding.”

HANDELINGE 1:22 DB (Die Boodskap)

van daardie dag af toe Hy deur Johannes die Doper gedoop is totdat Hy hemel toe is.”

HANDELINGE 1:22 ABA (Bybel vir almal)

van die tyd toe Johannes gedoop het totdat Jesus na die hemel gegaan het. Hy moet saam met ons 'n getuie wees dat Jesus weer lewe nadat Hy gesterf het. Ons moet so 'n persoon kies.”

HANDELINGE 1:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

van die begin af, van die doop van Johannes af, tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is, saam met ons as 'n getuie van sy opstanding optree.”

HANDELINGE 1:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Vanaf die doop van Johannes, tot daardie selfde dag dat hy van ons opgeneem is, moet iemand georden word om saam met ons 'n getuie van sy opstanding te wees.