Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 1:20 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 1:20 AFR83 (Afrikaans 1983)

“In die boek van die Psalms staan daar: “Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, “en: “Laat 'n ander sy amp oorneem.

HANDELINGE 1:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem.

HANDELINGE 1:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Petrus het voortgegaan: “Dis presies soos dit in die Psalmboek geskryf staan: ‘Laat sy woonplek verlate word; laat niemand daar bly nie.’ “En op ’n ander plek: ‘Laat iemand anders sy toesigverantwoordelikheid oorneem.’

HANDELINGE 1:20 DB (Die Boodskap)

“In een van die psalms van Dawid staan daar: Laat sy grond leeg staan sodat niemand daar gaan bly nie. “Dawid het ook gesê: Iemand anders moet sy werk oorneem. “Judas se plek in ons kring van apostels is nou leeg. Ons moet iemand in sy plek kies.

HANDELINGE 1:20 ABA (Bybel vir almal)

Want in die Psalms is daar geskryf: “ Sy woonplek moet 'n woestyn word, daar moet niemand woon nie, “en “ iemand anders moet sy werk doen.

HANDELINGE 1:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Want daar staan in die Psalms geskryf: “ ‘Laat sy woonplek verlate word, en laat geen inwoner daarin bly nie.’ En: “ ‘Laat 'n ander sy amp as opsiener oorneem.’

HANDELINGE 1:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want daar is geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woning woes word, en laat niemand daarin woon nie