Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 1:17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 1:16-17 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Broers, die Skrifwoord wat die Heilige Gees tevore by monde van Dawid oor Judas uitgespreek het, moes vervul word. Hy is as een van ons gereken en is ook gekies om 'n aandeel in ons werk te hê, maar hy het die gids geword van dié wat vir Jesus gevange geneem het.

HANDELINGE 1:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.

HANDELINGE 1:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Judas was inderdaad een van ons, en hy is ook saam met ons gekies vir hierdie bediening.”

HANDELINGE 1:17 DB (Die Boodskap)

“Om te dink dat Judas heeltyd een van ons was!

HANDELINGE 1:17 ABA (Bybel vir almal)

Want Judas was een van ons en hy het die werk van 'n apostel gedoen.

HANDELINGE 1:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

aangesien hy een uit ons geledere was, en deel gehad het aan ons bediening.

HANDELINGE 1:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want hy is saam met ons getel en het deel van hierdie bediening verkry.