HANDELINGE 1:12 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 1:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, 'n sabbatsreis ver.
HANDELINGE 1:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver.
HANDELINGE 1:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Na hierdie gebeure het die apostels van die Olyfberg af na Jerusalem toe teruggestap, ’n afstand van net onder ’n kilometer.
HANDELINGE 1:12 DB (Die Boodskap)
Die Olyfberg waar Jesus van sy dissipels afskeid geneem het, is sowat ’n kilometer van Jerusalem af.
HANDELINGE 1:12 ABA (Bybel vir almal)
Die apostels was op die Olyf-berg, naby Jerusalem, so ver soos 'n mens op die Sabbatdag mag loop. Hulle het toe teruggegaan na Jerusalem.
HANDELINGE 1:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het hulle van die berg wat as die Olyfberg bekend staan en wat digby Jerusalem was, 'n Sabbatsreis ver, teruggekeer na Jerusalem.
HANDELINGE 1:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het toe na Jerusalem teruggekeer van die berg wat genoem word Olyfberg, wat van Jerusalem af 'n sabbatsreis is.