2 SAMUEL 7:2 – Vergelyk alle weergawes
2 SAMUEL 7:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
sê hy vir die profeet Natan: “Kyk, ek woon in 'n huis wat met sederhout versier is, maar die ark van God staan in 'n tent.”
2 SAMUEL 7:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die ark van God woon binnekant 'n tentdoek.
2 SAMUEL 7:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
het Dawid die profeet Natan ontbied. “Kyk!” sê Dawid. “Hier woon ek in ’n pragtige paleis van sederhout, maar die ark van God staan in ’n tent!”
2 SAMUEL 7:2 DB (Die Boodskap)
Eendag sê die koning vir Natan, die profeet: “Kyk hier, ek bly in ’n paleis wat met duur hout gebou is, maar die ark van God staan nog al die tyd in ’n tent.”
2 SAMUEL 7:2 ABA (Bybel vir almal)
Die koning sê toe vir die profeet Natan: “Kyk, ék woon in 'n paleis van sederhout, maar die kis van God staan in 'n tent.”
2 SAMUEL 7:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
het die koning vir Natan, die profeet, gesê: “Begryp tog, ek woon in 'n huis van sederhout, terwyl die ark van God in 'n tent gehuisves word.”
2 SAMUEL 7:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die koning het vir die profeet Natan gesê: Kyk tog, ek woon in 'n huis van sederhout, maar die ark van God woon binne gordyne.