Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

2 SAMUEL 5:2 – Vergelyk alle weergawes

2 SAMUEL 5:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

In die tyd toe Saul koning was, was u tog maar die een wat Israel in die oorlog aangevoer het. Die Here het vir u gesê: “Jy moet vir my volk Israel 'n herder wees; ja, jy moet heerser oor Israel wees!”

2 SAMUEL 5:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú Israel uit- en ingelei; en die HERE het aan u gesê: Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet 'n vors wees oor Israel.

2 SAMUEL 5:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

’n Lang tyd al, selfs destyds toe Saul ons koning was, was u eintlik maar die een wat Israel in gevegte gelei het. En die HERE het vir u gesê: ‘Jy sal die herder van my volk Israel wees. Jy sal heerser oor Israel wees.’”

2 SAMUEL 5:2 DB (Die Boodskap)

Vroeër toe Saul nog ons koning was, was ú die een wat Israel altyd in die oorlog gelei het. Die Here het ook vir u gesê: Jý moet my volk Israel se herder wees. Jý moet die leier van Israel wees.”

2 SAMUEL 5:2 ABA (Bybel vir almal)

Toe Saul ons koning was, het jy ook vir Israel in die oorlog gelei, en die Here het vir jou gesê: “Jy moet 'n herder wees vir my volk Israel, jy moet koning wees oor my volk Israel.”

2 SAMUEL 5:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Selfs in die verlede, toe Saul oor ons koning was, was u die een wat Israel se veldtogte gelei het. Die HERE het vir u gesê, ‘Jy sal herder wees van my volk Israel, en jy sal 'n leier word oor Israel.’ ”

2 SAMUEL 5:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ook in die verlede, toe Saul koning oor ons was, was jy die een wat Israel uitgelei en ingebring het; en die HERE het vir jou gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n owerste oor Israel wees.