2 KORINTIËRS 3:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
2 KORINTIËRS 3:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit is tog duidelik dat julle 'n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie, maar op die harte van mense.
2 KORINTIËRS 3:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
omdat julle duidelik 'n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.
2 KORINTIËRS 3:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Julle toon duidelik dat julle ’n brief van Christus is, deur ons diens voorberei en geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte.
2 KORINTIËRS 3:3 DB (Die Boodskap)
Julle self is die bewys dat die Here my geroep het om die goeie nuus uit te dra. Julle is soos ’n brief wat in my hart neergeskryf is en wat ek elke dag lees. Natuurlik lees al die ander mense wat elke dag met julle te doen het, julle ook. Hulle kan sien dat julle lewende briewe van Christus is. Toe ek daar by julle gepreek het, het Hy in julle lewe begin skryf. Onthou: Christus het nie gewone ink gebruik nie. Nee, Hy het die Gees van die lewende God gebruik. Hy het ook nie op kliptafels geskryf nie, maar op die tafels van julle hart. Hy het julle splinternuut gemaak.
2 KORINTIËRS 3:3 ABA (Bybel vir almal)
Julle wys duidelik dat julle 'n brief van Christus is. En Christus het vir ons gebruik om hierdie brief te skryf. Ons het nie die brief met ink geskryf nie. Nee, die Gees van God, God wat lewe, het dit geskryf. Hy het dit nie op plat klippe geskryf nie, maar op mense se harte.
2 KORINTIËRS 3:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle is duidelik 'n brief van •Christus wat deur ons diens opgestel is, geskryf, nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die tafels van menseharte.
2 KORINTIËRS 3:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aangesien julle duidelik verklaar is as die brief van Christus wat deur ons bedien is, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op vlesige tafels van die hart.