Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

1 SAMUEL 2:16 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

1 SAMUEL 2:16 AFR83 (Afrikaans 1983)

As die man dan vir hom sê: “Laat hulle tog net eers die vet aan die brand steek, dan kan jy vir jou vat wat jy wil,” sê die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nou gee, anders vat ek dit met geweld.”

1 SAMUEL 2:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

As die man vir hom sê: Laat hulle net eers die vet aan die brand steek, neem dan vir jou soos jou siel begeer — dan sê hy: Nee, maar jy moet dit nou gee; en so nie, dan neem ek dit met geweld.

1 SAMUEL 2:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

As die een wat offer dan sê: “Vat soveel as wat jy wil hê, maar die vet moet eers gebrand word,” het die dienaar geantwoord: “Nee, gee dit nou vir my, anders vat ek dit met geweld.”

1 SAMUEL 2:16 DB (Die Boodskap)

As die man vir hom sê: “Wag net eers tot die Here se deel verbrand is, dan kan jy vir jou vat wat jy wil,” sê die jong man: “Nee, gee dit dadelik, en as jy dit nie doen nie, vat ek dit met geweld!”

1 SAMUEL 2:16 ABA (Bybel vir almal)

En as die man dan vir die slaaf sê: “Wag 'n bietjie, hulle moet eers die vet aan die brand steek, daarna kan jy vat wat jy wil hê,” dan sê die slaaf vir hom: “Nee, jy moet dit nóú gee. As jy dit nie doen nie, dan sal ek dit self vat.”

1 SAMUEL 2:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

As die man vir hom sê, “Laat hulle net eers die vet heeltemal verbrand, dan kan jy vir jou vat wat jy graag wil hê,” dan antwoord hy: “Nee, jy moet dit nou gee, anders vat ek dit met geweld!”

1 SAMUEL 2:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En as iemand vir hom sê: Laat hulle nie versuim om die vet op die oomblik te verbrand nie, en neem dan soveel as wat jou siel begeer; dan sou hy hom antwoord: Nee; maar jy moet dit nou vir my gee; en so nie, sal ek dit met geweld neem.