Tako i vi sebe smatrajte mrtvima za grijeh, a živima Bogu na slavu kroz Isusa Krista.
Lees Rimljanima 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Rimljanima 6:11
4 Dae
Nadat jy jou hart en lewe aan Jesus gegee het, is die doop een van jou belangrikste volgende stappe. Dit is ’n uiterlike teken van die groot innerlike verandering wat God reeds in jou lewe begin het. Wanneer jy gedoop word, volg jy Jesus se voorbeeld, reageer jy in gehoorsaamheid op sy opdrag en verklaar jy openlik: “Ek behoort aan Jesus. My ou lewe is verby. Ek leef nou vir Hom.”
7 Dae
Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese Bybelse redes vir die doop en 'n aantal vrae wat mense daaroor vra.
Hierdie 7-dag leesplan wil jou help met ‘n dieper begrip van die werklikheid dat ons nou ingesluit is in Christus en sy heerlikheid. Dit sal jou identiteit in Christus versterk en jou bemagtig om met vrymoedigheid in en vir sy heerlikheid te leef. “Ingesluit in Sy Heerlikheid” is nie net ‘n konsep of ‘n tema nie – dit is die realiteit van wie jy is. As jy in Jesus glo, is jy IN CHRISTUS.
In Johannes 17 bid Jesus dat ons deur die waarheid geheilig sal word — die Woord van God. Ware eenheid word nie net op gevoel of inspanning gebou nie, maar op ’n gemeenskaplike fondament in Hom. Hierdie 7-dae-reis nooi jou om die transformerende krag van die Skrif te ervaar — om jou hart te vorm, jou denke te vernuwe en jou verhoudings te lei. Terwyl jy met die Woord van God besig is, laat Hom jou lei na dieper eenheid met Christus en sy mense. Hierdie is week 3 van die Een Hart-reis.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!