Handelinge 2:41-45
Handelinge 2:41-45 ABA
Die mense wat besluit het om te doen wat Petrus sê, is gedoop. En God het nog omtrent 3 000 mense op daardie dag gelowiges laat word. Die gelowiges het aangehou om die dinge te doen wat die apostels vir hulle geleer het en hulle was altyd saam. Hulle het ook altyd saam geëet en gebid. Toe die ander Jode die wonderwerke en die tekens sien wat God die apostels laat doen het, het hulle almal besef dat dit God is wat dit laat gebeur. Al die gelowiges was bymekaar, en hulle goed het aan hulle almal behoort. Hulle het hulle grond en huise en goed verkoop en hulle het die geld gegee vir mense wat min gehad het.





