Toe sê Mordekhai vir hom om Ester te antwoord: “Moenie by jouself dink dat jy, meer as die ander van Y’hudah, sal ontsnap omdat jy in die koning se huis is nie,
want as jy heeltemal stilbly in hierdie tyd, sal daar verligting en redding vir hulle van Y’hudah vanaf ’n ander plek kom, maar jy en jou vader se huis sal vernietig word en wie weet of jy nie geroep was om na die koninkryk te kom vir ’n tyd soos hierdie nie?”