Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 3:4

Die Koning Se Prag
5 Dae
Jesus het die begin van sy bediening aangekondig met die woorde van Jesaja 61. Hy het verklaar dat sy roeping was om goeie nuus vir die armes te bring, die gevangenes vry te laat, die gebrokenes van hart heel te maak en dié te troos wat hartseer was. Hoe lyk goeie nuus egter eintlik?

Gewyde Rus: 'n 5-Dag Leesplan
5 Dae
Hoe kan jy jou energie, geluk, kreatiwiteit, en verhoudings vars en gesond hou te midde van oneindige eise van jou gesin, loopbaandruk, en die stres van die alledaagse lewe? In hierdie 5-dag leesplan wat op haar boek Sacred Rest gebaseer is, gee dr. Saundra Dalton-Smith vir die vermoeide toestemming om rus te koester, grense te stel en toevlug te soek sonder enige skuldgevoel, skaamte of vrees.

Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir Kersfees
27 Dae
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.