Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 5:35

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Twyfel In God
7 Dae
Wat as twyfel nie die teenoorgestelde van geloof is nie, maar 'n poort na 'n dieper geloof? In hierdie 7-dae leesplan van pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, Twyfel in God, sal ons ontdek dat twyfel nie van jou 'n slegte Christen maak nie. Trouens, dit is dalk net 'n noodsaaklike bestanddeel van dissipelskap.

Leef & Laat Leef
10 Dae
Die evangelie gaan daaroor om te leef vir Christus en ander toe te laat om hulle lewens ook in Hom te vind. Deur dieper te delf in die Bergrede en hoe dit ooreenstem met die verhaal van die verlore seun, herontdek ons wat dit beteken om te leef en laat leef!

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church