Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 24:1

The Chosen + BibleProject: Reeks 5-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vyfde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan ontgin temas in Jesus se laaste week in Jerusalem soos geregtigheid, gebed, status en die dood.

Woordspieël: Matteus
28 Dae
In 2 Korintiërs 3:18 sê Paulus dat wanneer ons God se heerlikheid aanskou soos in 'n spieël, ons na daardie selfde beeld waarna ons kyk, verander sal word deur die Heilige Gees. Ons weet dat Jesus die heerlikheid van God is. Die volheid van die Godheid word in Jesus aan ons geopenbaar. Van Genesis tot Openbaring word Jesus aan ons bekend gemaak. In hierdie leesplan word jy gevra om een hoofstuk op 'n dag deur Matteus te lees. Daar word dan een Skrifgedeelte uit die hoofstuk uitgelig waaroor 'n kort oordenking gedoen word.