Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 22:2

Onbereiktes
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.

Om jou naaste lief te hê soos jouself
13 Dae
Een van die bekendste gebooie in die Bybel is om jou naaste lief te hê. Jesus noem dit die tweede grootste gebod, tweede ná die liefde vir God. Maar wie is ons naaste, en wat beteken dit werklik om ander lief te hê? In hierdie leesplan ondersoek ons Jesus se lering oor hierdie gebod. Aan die hand van die Skrif en praktiese voorbeelde sal ons ontdek hoe ’n mens hierdie liefde in die praktyk uitleef.